Attractive, quick, determined
Should you decide to attend a course in advanced driving at the Volkswagen Academy, you may just end up next to Lee-Anne Liebenberg – an attractive brunette who is literally afraid of nothing …
Should you decide to attend a course in advanced driving at the Volkswagen Academy, you may just end up next to Lee-Anne Liebenberg – an attractive brunette who is literally afraid of nothing …
Sou jy besluit om ‘n kursus in gevorderde bestuur by die Volkswagen Akademie by te woon, kan jy dalk net langs Lee-Anne Liebenberg beland – ‘n vietse donkerkop wat letterlik vir niks skrik nie … Sy’t vir Ferdi de Vos van haar waaghals-lewe vertel.
Vra vir Lee-Anne Liebenberg hoe háár dag by die werk verloop het en jy hoor “Aag, iemand het die trein opgeblaas. En toe skiet iemand op my. Toe spring ek by ‘n krans van veertig meter af; binne-in water. Maar dit was nie so erg soos die dag toe die leeu my gebyt het nie.”
Lee-Anne Liebenberg, Suid-Afrika se voorste vrouewaaghals, raak nie eens opgewonde as sy vertel van dié onderonsie met ‘n leeu op die The Ghost and the Darkness-stel naby Badplaas nie.