Ai! Nog ‘n Dag by die Werk
Vra vir Lee-Anne Liebenberg hoe háár dag by die werk verloop het en jy hoor “Aag, iemand het die trein opgeblaas. En toe skiet iemand op my. Toe spring ek by ‘n krans van veertig meter af; binne-in water. Maar dit was nie so erg soos die dag toe die leeu my gebyt het nie.”